Tornado beskadig 81 huise en kerk

Die tornado wat Saterdag in Kestel in die Vrystaat verwoesting gesaai het, het 81 huise beskadig, waarvan nege HOP-huise, 11 modderhuise, agt sinkhuise en 62 baksteenhuise was. Dakke is afgewaai, mure is beskadig en talle huise het ineengestort. ʼn Kerk is ook in die storm beskadig.

Die Suid-Afrikaanse Weerburo het Maandag bevestig dat die storm inderdaad ʼn tornado was.

Dit lyk tans asof elektrisiteitstoevoer die enigste infrastruktuur is wat beskadig is, en Eskom werk reeds daaraan om kragtoevoer na alle gebiede wat deur die storm geraak is, te herstel. Plaaslike winkels het kos en klere verskaf aan dié wat die swaarste deur die storm getref is.

ʼn Volledige skadeberekening sal na verwagting Dinsdag afgehandel word.

Kyk hier na foto’s van die tornado.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.