Tornado buite Polokwane

Foto: Aileen Hutchinson op LookLocal Tzaneen

Aileen Hutchinson van Tzaneen was Sondag oppad huis toe van Pretoria toe sy ʼn tornado langs die pad opgemerk het.

Sy het glo by haar ouers in Pretoria gekuier toe sy op die N1, net buite Polokwane, die tornado gesien het, berig LookLocal Tzaneen. Sy was onseker of die tornado haar pad sou kruis en dit het toe in ʼn jaagtog tussen die motoris en die tornado ontaard.

“Die tornado het uit die wolke gevorm en aan die grond geraak. Gras en ander puin is reeds deur die tornado geskep. Dit het gelyk of dit so 1 km ver was en ek het maar net voet in die hoek gesit,” het Hutchinson gesê. “Die tornado was vir sowat 10 minute lank op die grond.”

By die afrit na Tzaneen/Louis Trichardt, net voor Polokwane, het sy in haar truspieël na die tornado gesoek, maar dit het reeds in die wolke verdwyn.

Tot dusver is geen beserings of skade aangemeld nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Frik Linde ·

Sjoe – vreemd vir Polokwane se omgewing. Klimaatsverandering is op ons . . .

Paul Joubert ·

Moenie sommer enigiets voor die deur van “klimaatsverandering” plaas nie, Frik. Daar was al in die afgelope 100 jaar ‘n hele paar tornados in die Noordelike Provinsie, hoewel hulle redelik skaars daar is. Tornados is baie meer algemeen in Gauteng en rondom die oostelike platorand in Mpumalanga en Natal, asook in die Vrystaat.
Daar was egter ook al heelwat tornados in Noordwes en selfs in die Wes-Kaap enkeles.
Die WWNR hou ‘n databasis van tornados by.

Onthou, die meeste tornados waarskynlik glad nie eers waargeneem nie, of die mense wat dit waarneem in afgeleë gebiede laat weet niemand daarvan nie, aangesien dit slegs groot nuus word as dit in bevolkte gebiede voorkom en skade aan geboue en eiendom aanrig.

Frik Linde ·

Ek verstaan tornados kom wel voor in SA, hoewel baie selde. Ek self het nog nooit een gesien nie.

Kon nie op die Internet die WNNR se databasis opspoor nie, maar sal mettertyd nog verder soek.

Neem jy nog geen tekens van klimaatsverandering in Limpopo waar nie?

Paul Joubert ·

Hi Frik

In geheel in Suid-Afrika kom tornados eintlik redelik dikwels voor. Gelukkig is dit meestal in afgeleë gebiede, waar dit nie skade veroorsaak nie. Dis anders as in die VSA, waar daar op talle plekke groot stede en en dorpe in die middel van “Tornado Alley” gebou is.
Dit verklaar waarom mens so min daarvan hoor of self dit sien in Suid-Afrika, hoewel dit redelik dikwels gebeur.

Ek woon nie in Limpopo nie, so ek neem niks daar waar nie :) Ek noem net ‘n algemene punt dat mense dikwels deesdae sommer net, as daar ietwat vreemde weersomstandighede is, sê “Dis nou vir jou klimaatsverandering se skuld!”, maar dikwels as mens in die geskiedenis teruggaan, sien jy dat dit nie werklik so ongewoon is nie. Een voorbeeld van so iets is toe daar ‘n paar jaar gelede berigte was van ‘n ysberg wat naby Kaapstad in die see gewaar is, mense onmiddellik gesê het dis nou ‘n “bewys” van klimaatsverandering, terwyl daar alreeds eeue gelede ook al ysberge naby Kaapstad opgeteken is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.