Dit is die tweede tornado in minder as 24 uur. ‘n Negejarige seun is dood en 42 mense beseer nadat ʼn tornado Sondagoggend die Makgeleng informele nedersetting buite Ficksburg getref het. Die tweede tornado het Duduza Sondagaand getref. ‘n Woordvoerder van ER24, Andre Visser, het aan die SABC gesê vyf mense het ernstige beserings opgedoen. Talle huise en plakkershutte is vernietig.
Is jy naby Ficksburg of Nigel? Het jy gesien wat gebeur het? Stuur vir ons jou ooggetuie verslag en foto’s na Maroela se ooggetuie blad of na [email protected]