Tornado’s tref Nigel, Ficksburg

Die gebruiker @Selebogo_Mpye het die foto op Twitter geplaas.

‘n Agtjarige kind is dood en 166 mense beseer nadat ‘n tornado Duduza buite Nigel aan Gauteng se Oos-Rand getref het.

Dit is die tweede tornado in minder as 24 uur. ‘n Negejarige seun is dood en 42 mense beseer nadat ʼn tornado Sondagoggend die Makgeleng informele nedersetting buite Ficksburg getref het. Die tweede tornado het Duduza Sondagaand getref. ‘n Woordvoerder van ER24, Andre Visser, het aan die SABC gesê vyf mense het ernstige beserings opgedoen. Talle huise en plakkershutte is vernietig.

Is jy naby Ficksburg of Nigel? Het jy gesien wat gebeur het? Stuur vir ons jou ooggetuie verslag en foto’s na Maroela se ooggetuie blad of na [email protected]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.