Touchy, die menslike kamera

Eric Siu, ‘n kunstenaar van Hong Kong het ‘n draagbare kamera ontwerp wat die draer verblind totdat iemand aan die persoon raak. 

Touchy het twee reuse sluiters wat toe bly sonder menslike aanraking. Sodra die valhelm se sensors aanraking ervaar, maak die sluiters oop. Die persoon kan dus sien totdat die aanraking verbreek word. Indien iemand vir meer as tien sekondes die persoon bly aanraak, word ‘n foto deur die kamera geneem wat vooraan Touchy gemonteer is. Die foto word dan aan die agterkant van die valhelm vertoon. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.