Trane vloei in hof tydens tweejarige se mishandelingsaak

baba-voete-320x320Die saak teen ‘n paartjie van die noorde van Pretoria wat aangekla word van poging tot moord op die vrou se tweejarige dogtertjie, is Maandag in die Pretoriase landdroshof uitgestel.

EWN het Maandag berig die kind se ma het onbedaarlik in die getuiebank sit en huil en moes gaan sit toe die landdros die hof ingestap het. Volgens die berig kon ʼn mens haar, voor die hofverrigtinge begin het, selfs uit die aanhoudingselle hoor huil. Haar kêrel het net voor hom gestaar.

Maroela Media het oor die naweek berig dat die 20-jarige ma en haar 36-jarige kêrel in hegtenis geneem is in verband met die beweerde mishandeling van die vrou se tweejarige dogtertjie. Die kind, wat slegs as Baba L identifiseer kan word, word in die hoësorgeenheid van die Steve Biko-hospitaal behandel vir gebreekte ribbe, ʼn gekraakte skedel, gate in haar pankreas en niere, sowel as breinskade. Die paartjie het glo aan die polisie gesê sy het die beserings opgedoen nadat sy van ʼn wasmasjien af geval het.

Die staatsaanklaer het die hof vir uitstel gevra sodat die saak verder ondersoek kan word. Die paartjie se prokureur het nie die aansoek teengestaan nie. Die paartjie sal tot volgende Dinsdag in aanhouding bly waarna hulle na verwagting om borgtog gaan aansoek doen.

Lees al die berigte oor Baba L op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

YOLANDA ·

hoe op aarde kry n baba gate in sy ingewande ???
hang hul al 2,, hoe kan iemand so iets doen ,,,

YOLANDA ·

hoe op aarde kry n baba gate in sy ingewande ???
hang hul al 2,, hoe kan iemand so iets doen ,,, my hart stukkend !!!!!!!!

Sanet ·

Wat moes die arme baba nie deurgegaan het om soveel ernstige beserings op te gedoen het nie. My hart is stukkend vir die baba. Al daardie beserings is beslis nie ‘n val van ‘n wasmasjien nie. My kinders is self 3 en 6 jaar oud. Hoe kan iemand dit aan ‘n kind doen. Daardie kind moet weggevat word en vir iemand gegee word wat haar sal waardeer en liefhê en vertroetel.

Dirkie Burmeister ·

Nee he’ll, die gesinsgeweld is erg, elke dag is daar n berig. Bring terug die doodstraf.

SYLVIA ·

DIT HELP NIE JY (ma) WIL NOU HUIL NIE JY MOES DAARAAN GEDINK HET VOORDAT JULLE DAI KLEINDING AANGERAND HET, EN DAI BOYFRIEND VAN JOU NEE REGTIG HOOR, EK HOOP NIE JY HET KINDERS NIE WANT GLO MY HULLE GAAN JOU NOU SOOS N VARK BEHANDEL, GEWETENLOSE VARK JULLE AL 2 IS.HOOP JULLE WORD VIR LANK TOE GESLUIT.

Justi ·

Die arme kindjie. Watter pyn en lyding moes die dogtertjie nie deurgegaan het nie?
Nou wil die Ma klip hard sit en huil? Is dit berou…….haar gewete wat aan haar vreet?…..of is dit die vrees vir die tronk…..haar behandeling daar?
Maak nie saak wat die geval is nie. Hulle het gedoen wat hulle gedoen het.
Het hulle na daardie onskuldige dogtertjie se gille van pyn geluister? Het hulle enigsins geluister na haar gehuil?
Julle twee monsters! Kry vir julle! Net jammer ons belasting geld moet julle voer in die tronk.

Elmarie ·

Die ma moet nie nou kom huil asof haar hart gebreek is nie! As sy haar kind so wil mishandel dan kom elke liewe beskuldiging haar toe!
Daar is ander vrouens wat so graag n kind wil he en hulle soos goud sal oppas maar nie kan swanger raak nie.
Dan kom daar mense soos die en hulle het kinders! Sy verdien nie om ma genoem te word nie!
Dis n absolute skande!

Justi ·

Maroela, waarom is my kommenaar nie geplaas nie? Kan iemand my asb antw?
Groete Justi

Sune van Heerden ·

Dagsê Justi

Die stelsel tel soms ‘n kommentaar as “spam” op, en dan moet een van die modereerders dit eers goedkeur. Dit is nie noodwendig ‘n woord of enigiets in die kommentaar wat dit veroorsaak nie. Van die modereerders is ook soms vir ‘n wyle nie voor hul rekenaars om die kommentaar goed te keur nie. Jou kommentaar is nou goedgekeur.

Jammer vir die ongerief.
Groetnis
Suné
(Namens Maroela Media)

Justi ·

Baie dankie vir die antwoord. Waardeer dit.

Groete vir julle en dankie vir die harde werk. Justi

Ria Maritz ·

Is daardie trane omdat sy weet sy en die vriend het fouteer, hoe eg is dit ?

Nee jonge dametjie, jy behoort GEEN kinders OOIT weer te baar nie.

Ek hoop en bid daar word ‘n voorbeeld van julle, SOWEL as Jasmin Pretorius se moordenaar gemaak !

Dan ·

Vuilgoed wat ‘n kind so aanrand! Plaas hulle foto’s dat almal kan sien hoe hulle lyk – ook die gevangenes in die tronke sodat hulle hierdie “paartjie” daar kan verwelkom …

Leana ·

Sulke dinge gebeur omdat familie/vriende/bure wat hierdie dinge sien NIE BETROKKE wil raak nie, en dus te PAPBROEKIG is om dit te rapporteer !!

Dit het tyd geraak dat persone wat bewus is van hierdie dinge en dit nie rapporteer nie, SELF ook aangekla word !

EK LAAT MY NIE VERTEL NIEMAND WAS BEWUS DAARVAN NIE!!

Hester ·

Die ma moes nooit n baba gehad het nie. Sluit haar toe en gooi die sleutel weg. Sy was veronderstel om haar kindjie wat deur God aan haar toe vertrou is te beskerm en lief te he. Haar trane maak nie n indruk nie. Dis duidelik nie oor haar kind wat sy huil nie maar oor sy uitgevang is. Mag sy vrot in die tronk.

Leonette ·

My hart is stukkend! Hoe kan sy as ma dit aan haar eie kind doen?! Hoe slaan jy ‘n kind so? Nog meer, hoeveel houe is toegedien en hoe moes daardie arme kind nie geskree het van die pyn nie! Dit maak my siek!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.