Transitoroof: Boewe vlug leëhande

Rowers het Maandagoggend probeer om ʼn geldwa naby Kaapstad Internasionale Lughawe te beroof.

Kapt. Frederick van Wyk, ʼn polisiewoordvoerder, sê die voorval het in die vroeë oggendure plaasgevind. “Veiligheidswagte het geld by die lughawe gaan oplaai. Beamptes van die lughawe het die veiligheidswagte vergesel tot op die N2-deurpad,” het Van Wyk gesê.

“ʼn Wit Mercedes-Benz het die geldwa agtervolg en naby die R300-afrit daarteen vasgery en veroorsaak dat dit omslaan.”

Die aanvallers het op die veiligheidswagte begin skiet en die wagte het teruggeskiet. Die aanvallers het te voet van die toneel gevlug en hul voertuig agtergelaat.

“Niemand is in die voorval beseer nie en geen geld is van die wa gesteel nie,” het Van Wyk bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.