Transitorooftog in JHB

rowersʼn Veiligheidwag is Dinsdagoggend tydens ʼn transitorooftog in Johannesburg oorval en met vuurwapens aangehou.

Volgens ao. Kay Makhubela, ʼn polisiewoordvoerder, het die rooftog buite die Pick n Pay van die Protea Glen-winkelsentrum in Soweto plaasgevind. “Twee gewapende mans het ʼn veiligheidswag van G4S met vuurwapens aangehou. Hy is oorval kort nadat hy ʼn boks geld by die Pick n Pay opgelaai het en in die voertuig wou klim,” het Makhubela gesê. Die rowers het in ʼn groen Volkswagen Golf met die geldboks en ʼn onbekende bedrag kontant gevlug.

Geen skote is in die voorval gevuur nie en niemand is beseer nie. Volgens Makhubela ondersoek die polisie ʼn saak van gewapende roof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.