Transnet-hoof eis verskoning van BBC ná groot blaps

Foto: @DaBrownNative/Twitter

Rufus Lekala, Transnet se hoofhawemeester, eis ʼn verskoning van die BBC nadat hulle per abuis sy naam tydens  ʼn onderhoud as “Gay Marriage” aangedui het.

Die Sowetan berig dié onderhoud is Dinsdag wêreldwyd aan nagenoeg 71 miljoen kykers uitgesaai.

Die BBC het ʼn onderhoud met Lekala gevoer tydens die vyfde BRICS-beraad wat Woensdag in Durban tot ʼn einde gekom het.

Lekala het aanvanklik eers die flater afgelag. Kykers het dit egter afgeneem en dit het soos ʼn veldbrand op sosiale mediaplatforms versprei. “Ons verstaan dat dit ʼn fout was, maar ons verwag van die BBC om te verduidelik hoe so iets kan gebeur,” het Lunga Nqcobo, Transnet se woordvoerder, gesê.

Die debat oor gay huwelike in Amerika het die afgelope tyd internasionale nuus gedomineer en daar word vermoed dat die titel van so ʼn insetsel verkeerdelik saam met Lekala se onderhoud geplaas is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.