Transseksuele mag nou aan Mej. Heelal deelneem

Jenna Talackova

Brenda Mendoza, publisiteitsdirekteur vir die Mej. Heelal-kompetisie het gesê transseksuele is nou welkom om wêreldwyd aan hul skoonheidskompetisies deel te neem.

Die eerste transseksuele deelnemer, Jenna Talackova (23), het vroeër opslae gemaak toe sy aan die Mej. Heelal Kanada-kompetisie wou deelneem. Talackova is as ‘n man gebore en het vier jaar gelede ‘n geslagsveranderingskompetisie ondergaan. Sy is aanvanklik verbied om aan die kompetisie deel te neem omdat sy nie as ‘n vrou gebore is nie. Donald Trump, wat in beheer is van die Mej.Heelal-kompetisie, het verlede maand dié besluit omgekeer. 

Talackova het egter Saterdagaand vir die laaste keer op die loopplank paradeer voordat sy uit die kompetisie geskakel is. Uit 61 deelnemers was sy een van die finale 12 voordat sy voor die laaste vyf uitgeskakel is. Sahar Biniaz (26) het uiteindelik die kroon gedra en sal in Desember aan die Mej. Heelal-kompetisie deelneem.
 
Die besluit  om transseksuele aan die onderskeie kompetisies toe te laat, berus steeds by die individuele filiale of hulle die beleid gaan volg. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.