Trein en taxi bots

Argieffoto

Nege mense is ernstig beseer nadat ʼn trein Donderdagmiddag naby Rustenburg, Noordwes, met ʼn taxi gebots het.

Volgens brigadier Thulani Ngubane, ʼn polisiewoordvoerder, het die ongeluk by die Boshoek-treinspoorkruising in Phokeng plaasgevind.

“Die taxibestuurder het passasiers van Chaneng na Rustenburg vervoer. Dit wil voorkom of die bestuurder nie gekyk het vir aankomende treine voor hy die treinspoor oorgesteek het nie. Die bestuurder is een van die nege mense wat beseer is. ʼn Agt maandeoue babatjie is ook tydens die ongeluk beseer,” het Ngubane gesê. Die polisie ondersoek ʼn saak van roekelose bestuur. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.