Trein glo uit weerwraak aan brand gesteek

Argieffoto

Pendelaars het vermoedelik uit weerwraak vroeër die week ‘n trein van Kaapstad aan die brand gesteek.

Mthuthuzeli Swarts, streeksbestuurder van Metrorail, het aan die Cape Argus gesê beamptes het voor die voorval sommige passasiers uit die trein verwyder omdat hulle nie kaartjies gehad het nie. “Van hierdie mense mag vir die brandstigting verantwoordelik wees,” het Swartz gesê.

Maroela Media het Woensdag berig die trein was Dinsdagmiddag onderweg na Kaapstad toe dit omstreeks 16:00 by die Woodstock-stasie aan die brand gesteek is

Vier treinwaens is verwoes en vier mense moes vir rookinaseming behandel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Brenda ·

Ja, tipiese mentaliteit onder ‘n cANCer regering. Ons wil ALLES he, VERNIET he, en as ons dit nie kry nie dan brand ons, breek ons, plunder ons en moor ons.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.