Trein in Kaapstad afgebrand

Argieffoto.

ʼn Brand wat Dinsdagmiddag by die Woodstock-treinstasie in Kaapstad uitgebreek het, het ʼn trein erg beskadig en duisende pendelaars gestrand gelaat.

Brandbestryders het ure lank gespook om die brand te blus wat vier treinwaens verwoes het, berig Cape Times. Theo Layne, woordvoerder van die Kaapse brand- en reddingsdienste, sê vier pendelaars is vir rookinaseming behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. Dit is nog nie bekend wat die omvang van skade is of wat die brand veroorsaak het nie.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.