Treinongeluk: Trokdrywer moontlik aangekla

Foto: @trafficmap

Minstens 24 mense is dood ná ‘n botsing tussen ‘n trein en ‘n vragmotor Vrydagoggend in Mpumalanga.

Die bestuurder van die vragmotor kan nou moontlik strafregtelik aangekla word, het die polisie Vrydag gesê. Van die beseerdes is steeds in ‘n kritieke toestand in verskeie hospitale.

Die bestuurder van ‘n vragmotor wat Vrydagoggend in Mpumalanga ná ‘n botsing met ‘n trein man wat moontlik n vragmotor bestuur het waarin 24 mense Vrydagoggend in Mpumalanga. Die ongeluk het by ʼn spoorwegkruising tussen Hectorspruit en Malelane plaasgevind. Die vragmotor, wat 40 plaasarbeiders na ‘n nabygeleë plaas wou neem, het glo probeer om oor die treinspoor te ry toe dit deur die trein getref is.

Vakbonde het intussen die veiligheid van die werkers in twyfel getrek en bygevoeg dat die sterftes verhoed kon word. Ben Martins, minister van vervoer, het sy medelye met die families uitgespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.