Foto’s: Trein ontspoor aan Natalse Suidkus

Foto: Heather Arnsen / ECR

Foto: Heather Arnsen / ECR

Twee mense het ʼn noue ontkoming gehad nadat ʼn goederetrein Maandagmiddag op die brug by Banana Beach aan die Natalse Suidkus ontspoor het.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare911, het gesê die trein se diesellokomotief het op die spoor gebly, maar verskeie waens het van die brug af getuimel en in die strandmeer onder die brug beland.

Selby Dlamini, ʼn woordvoerder van Transnet, het later bevestig dat 11 leë waens en die lokomotief omstreeks 16:00 ʼn paar meter noord van Port Shepstone ontspoor het. “Niemand is beseer nie en die spoorlyn is onbepaald toegemaak,” het Dlamini gesê. Dlamini het gesê dit is nog nie seker wat die ontsporing veroorsaak het nie, en die saak word ondersoek. Foto’s: ECR

Foto: Heather Arneses / ECR

Foto: Heather Arneses / ECR

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.