Trein ontspoor na polisie verdagte motor agternasit

Foto: Netcare911

Minstens 21 mense is beseer nadat ʼn motor wat deur die polisie agternagesit is van ʼn brug gejaag het en teen ʼn trein gebots het.

Foto: Netcare911

ʼn Polisiewoordvoerder, kapt Thulani Zwane, sê die Durbanse metropolisie het ʼn verdagte motor agternagesit toe die bestuurder van die motor glo beheer verloor en deur die brug se relings gebars en op ʼn treinspoor beland het. Zwane sê ʼn aankomende trein kon nie betyds stop nie en het teen die motor gebots naby Reunion-stasie. “Die bestuurder van die motor het uitgeklim en weggehardloop voor die trein teen die motor gebots het,” sê Zwane. ʼn Woordvoerder van ER24, Derrick Banks, sê 21 mense is beseer, waarvan een ernstig. Hy sê die beseerdes het reeds uit die trein geklim en op die treinspoor vir paramedici gewag. Die passasierspooragentskap (Prasa) sê twee waentjies het ontspoor en ernstige skade aangerig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.