Trein ry tiener dood ná hy hoor hy slaag

Argieffoto.

ʼn 16-jarige tiener is Sondag deur ʼn trein doodgery kort nadat hy sy rapport by sy skool gekry het.

Volgens Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare911, het die ongeluk in Tongaat, KwaZulu-Natal, plaasgevind. “Die tiener was onderweg van die skool na sy huis toe hy ʼn treinspoor naby die Flamingo–treinstasie wou oorsteek,” het Botha gesê.

“Volgens die tiener se onderwysers het hy geslaag en het hy ʼn kortpad huis toe gevat,” het Botha bygevoeg. Die tiener is na die Nkosi Albert Luthuli-hospitaal geneem, maar is kort na sy aankoms dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.