Trein tref man wat beamptes probeer ontduik

‘n Man is kritiek beseer nadat ʼn trein hom Maandagaand in Johannesburg getref het.

Volgens Jeffrey Wicks, ʼn woordvoerder van Netcare911, het die man glo vir sekuriteitsbeamptes by die Longdale-treinstasie probeer weghardloop toe die trein hom getref het. Die sekuriteitsbeamptes wou die man aankeer omdat hy glo nie ʼn treinkaartjie gehad het nie.

“In ʼn poging om die beamptes te ontduik, het hy voor die trein ingehardloop en is getref. Die impak het sy liggaam teen ʼn doringdraadheining aan die kant van die spoor geslinger,” het Wicks gesê.

Die man het veelvoudige ernstige beserings opgedoen. Netcare911 paramedici het hom op die toneel stabiliseer en per ambulans na die Helen Joseph-staatshospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.