Trein tref vermeende epilepsie-lyer

Argieffoto.

ʼn Man wat glo ʼn epilepsie-lyer was, is Woensdag in Uitenhage in die Oos-Kaap, deur ʼn trein doodgery.

Lt.kol. Priscilla Naidu, ʼn polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê die man het op die trein se spore langs Algoaweg beland. “Die treindrywer het gesien dat daar ʼn obstruksie op die treinspore is en dadelik probeer rem aanslaan toe hy besef dis dalk ʼn persoon wat daar lê,” het Naidu gesê. Die treindrywer kon die trein nie betyds gestop kry nie en het die man getref. Die man is op slag dood.

Die oorledene is as Mzandile Dandashe (44) uitgeken. Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.