Trein tref vliegtuig ná noodlanding

ʼn Vlieënier en passasier van Pretoria het Donderdag twee keer die dood gekul na hulle ʼn noodlanding oorleef het én die vliegtuig kort daarna deur ʼn trein getref is. Die noodlanding het in die Midlands-omgewing in KwaZulu-Natal plaasgevind.

The Witness berig die Cessna, waarvan Gerald van Zyl die vlieënier was, was op pad terug na Gauteng na hulle by ʼn plaas in die Midlands gaan vlieghengel het. Weens redes wat nog nie bekend gemaak is nie, moes hulle ʼn noodlanding op ʼn private vliegveld maak. Hulle het egter die vliegveld verbygeskiet, teen ʼn skuinste aan die einde van die aanloopbaan afgegly en langs ʼn treinspoor tot stilstand gekom.

Albei het ongedeerd uit die vliegtuig, wat etlike minute daarna deur die trein getref is, geklim. Die trein is van die noodlanding in kennis gestel en kon betyds rem aanslaan, maar dit het steeds die vliegtuig se vlerk getref.

Van Zyl wou nie veel oor die noodlanding uitbrei nie en het gesê dit word deur die Burgerlugvaartowerheid ondersoek. “Al wat ek kan sê is dat ons ongedeerd is met geen beserings en geen kneusplekke nie. Ons is baie gelukkig dat die noodlanding só verloop het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.