Treine bots, talle beseer in Pretoria

Die foto is deur @MedixGauteng op Twitter gelaai.

Johan Pieterse, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, het aan Maroela Media gesê die ongeluk het omstreeks 07:20 op die spoor tussen Cor Delfos en Saulsville naby Pretoria plaasgevind.

“Twee passasiertreine het gebots. Dit is in die stadium nog nie bekend wat die oorsaak van die ongeluk was nie. Een van die treinbestuurders is in ʼn kritieke toestand en moet uit die wrak gesny word,” het Pieterse gesê.

Verskeie nooddienste is na die toneel ontbied om die beseerdes by te staan.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, sê hulle het 17 ambulanse na die toneel gestuur. “Sover is drie passasiers in ʼn kritieke toestand en omtrent 100 mense het geringe beserings opgedoen. Die kritiek-beseerde pasiënte gaan met ʼn helikopter na nabygeleë hospitale geneem word vir verdere behandeling,” het Botha gesê.

Lees die opvolg hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.