Treinongeluk: Bestuurder van manslag aangekla

Foto: @trafficmap

Die bestuurder van ‘n vragmotor wat verlede week naby Hectorspruit in Mpumalanga deur ‘n goederetrein getref is, gaan tereg staan op 25 aanklagte van strafbare manslag.

Dit volg na 25 mense Vrydag in Mpumalanga dood is ná ‘n botsing tussen die trein en die vragmotor.

Die ongeluk het by ʼn spoorwegkruising tussen Hectorspruit en Malelane plaasgevind. Die vragmotor, wat 40 plaasarbeiders na ‘n nabygeleë plaas wou neem, het glo probeer om oor die treinspoor te ry toe dit deur die trein getref is.

Die bestuurder, George Mandlazi (32), het Maandagoggend in die hof in Malelane verskyn. Hy is nie gevra om te pleit nie. Die saak is tot Dinsdag uitgestel en gaan in die landdroshof op Barberton hervat word. Mandlazi sal dan om regshulp en borgtog aansoek doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.