Treinongeluk eis 17 beeste

Argieffoto

Argieffoto

Sewentien beeste het gevrek toe ‘n passasierstrein in die Tsjeggiese Republiek die trop getref het. Geen mens is in die ongeluk beseer nie.

“Die trein was van Krnov na Olomouc onderweg toe die trein die diere Vrydagaand omstreeks 22:00 getref het,” het Martin Drapal, woordvoerder vir die Tsjeggiese Spoorveiligheidsinspektoraat, gesê. Die skade aan die trein word op ongeveer $5 000 (sowat R50 000) bereken.

Drapal het Saterdag in ‘n verklaring gesê die treinspoor moes vir ongeveer vyf uur lank ná die voorval gesluit word.

Treine in die omgewing tref van tyd tot tyd diere, maar só ‘n groot ongeluk is buitengewoon. Owerhede ondersoek waarom die beeste op die spoor was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.