Treinongeluk: Treindrywer skuldig bevind

ʼn Treindrywer van Duitsland is vandag, ná ʼn treinongeluk verlede jaar waarin 10 mense gesterf het, aan onwillekeurige manslag skuldig bevind.

Die 41-jarige man se tronkstraf is vir een jaar lank opgeskort nadat hy in die staatshof in Magdeburg op 10 aanklagte van onwillekeurige manslag skuldig bevind is, berig MDR. Die drywer, wie se naam nie bekendgemaak is nie, se goederetrein het in Januarie 2011 met ʼn passasierstrein reg van voor gebots. Hy het deur twee stopsinjale gery voordat hy teen die passasierstrein naby Hordorf, in Oos-Duitsland, gebots het.

Die ongeluk word as een van die ergste treinongelukke in Duitsland beskou. Die slag is glo tot in Oschersleben, sowat 7km verder, gehoor. Die passasierstrein, van Harze Elbe Express was van Magdeburg na Halberstadt onderweg met 50 passasiers aan boord. Die passasierstrein het teen sowat 100 km/h gereis toe dit teen die goederetrein, wat teen ongeveer 80 km/h gereis het, gebots het.

Dit is nog nie seker of hy appèl gaan aanteken nie en die hof was nie dadelik vir kommentaar beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.