Die saak teen die Noord-Kaapse ANC-swaargewigte John Block, Alvin Botes, Yolanda Botha en Trifecta se direkteur, Christo Scholtz, hervat Maandag in die Noord-Kaapse hooggeregshof in Kimberley. Hulle staan tereg op aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery.
Die hof het verlede Woensdag aangehoor dat die dokumente waarop die staat staatmaak, verkeerd is. Jaap Cilliers, vir Scholtz, het gesê een van die bladsye is slegs vol handtekeninge en verteenwoordig nie bewerings nie.
Hy het gesê die dokumente van die staat se bewering op aanklagte van bedrog is verkeerd of ontbreek bewyse. Die staatsgetuie Trevor White, ʼn forensiese ouditeur van PWC, het die meeste van die inligting onder kruisverhoor bevestig.
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) beweer Trifecta het ʼn aantal huurooreenkomste met die Noord-Kaapse departement van maatskaplike ontwikkeling aangegaan en glo hopeloos te veel vir huur gevra.
Al die beskuldigdes het vroeër pleitverduidelikings aan die hof oorhandig waarin hulle onskuldig pleit op al die aanklagte teen hulle. – SAPA
Lees ook: