Trifecta-saak hervat

Argieffoto

Argieffoto

Die saak teen die Noord-Kaapse ANC-swaargewigte John Block, Alvin Botes, Yolanda Botha en Trifecta se direkteur, Christo Scholtz, hervat weer vandag in die Noord-Kaapse hooggeregshof in Kimberley . Hulle staan ​​tereg op aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) beweer Trifecta het ʼn aantal huurooreenkomste met die Noord-Kaapse departement van maatskaplike ontwikkeling aangegaan en glo hopeloos te veel vir huur gevra.  As gevolg hiervan het Trifecta aan die einde van die huurooreenkomste glo huurgeld van nagenoeg R57 miljoen ontvang.

Al die beskuldigdes het vroeër pleitverduidelikings aan die hof oorhandig waarin hulle onskuldig pleit op al die aanklagte teen hulle.

Regter Mathebe Phatshoane het Donderdag getuienis van Trevor White, ‘n forensiese ouditeur van PWC in KwaZulu-Natal, aangehoor. Volgens White het Trifecta ʼn gebou in Springbok uitverhuur waar daar voorvereistes was soos die voorsiening van 60 parkeerplekke, lugversorging, ‘n alarmstelsel, en die voorsiening van geriewe om gestremdes te akkommodeer.

Tien maande nadat die huurkontrak in werking getree het, het die departement die gebou gaan besoek. Daar was geen toesluitparkering, skaduweeparkering, alarmstelsel of geriewe vir gestremdes nie.

“Alle voorvereistes is steeds uitstaande,” het White gesê, en bygevoeg dat die situasie die personeel se moraal beïnvloed. “Die staat is ingedoen,”  het White gesê. – SAPA

Lees ook:
Noord-Kaapse huurtenders glo nooit geadverteer
Trifecta-saak in Noord-Kaap uitgestel

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Silver Price ·

‘n Ander premier het weer baie aandag getrek oor ‘n stelling dat dit in die haak is vir politici om die waarheid geweld aan te doen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.