Trio moor, braai en maak kerrie van slagoffer

Argieffoto.

Drie mans is in hegtenis geneem nadat hulle ʼn man vermoor, opgekap, gebraai en ‘n kerrie van sy liggaam gemaak het.

Japannese polisie het Donderdag gesê die trio het ʼn hamer gebruik om die slagoffer, Kazuyuki Kobayashi, se liggaam in stukke te kap voor hulle gedeeltes daarvan gebraai en in kerrie gekook het. Die res van sy liggaam is op ʼn berg in die landelike gebiede van Japan gestort.

Asahi, ʼn plaaslike televisiekanaal, berig twee van die mans het skuld erken en gesê hulle het ‘n kerrie van die slagoffer se vleis gemaak in ʼn poging om van die reuk ontslae te raak.

Tasuku Shimaoka (34), Keita Yoshida (30) en Koji Kawamura (40) is verlede week in hegtenis geneem en word onder meer van liggaamskending aangekla. Kobayashi was vir ʼn geruime tyd vermis. Daar was glo ʼn geldonderonsie tussen hom en die verdagtes. Die verdagtes het glo tussen Julie en Augustus verlede jaar saamgesweer om van die slagoffer ontslae te raak.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.