“Troeteldiere nie vir swart mense nie,” sê Zuma

Argieffoto

President Jacob Zuma reken om ‘n hond te koop, dit veearts toe te neem of daarmee te gaan stap is deel van die wit kultuur en nie die Afrikaan se manier nie.

“Daar is ‘n nuwe generasie van jong Afrikane wat probeer om ander leefstyle aan te kleef en selfs om soos ander te lyk,” het Zuma Woensdag tydens ‘n toespraak in KwaZulu-Natal gesê. “Selfs al maak jy jou hare reguit en smeer allerhande rome aan, gaan jy nooit wit wees nie. Jy gaan egter jou waardigheid en ubuntu verloor. Dis ook moontlik dat jy respek en liefde vir jou naaste gaan verloor,” het Zuma gesê. Zuma het bygevoeg swart mense moet ophou om die gewoontes van ander kulture aan te leer, berig IOL.

Zuma sê persone wat honde meer liefhet as mense het ‘n “tekort aan menslikheid”. Die gehoor van duisende by die jaarlikse herdenking van die induksie van Inkosi Sibongiseni Zuma, het gelag en hande geklap.

Dit is Zuma se eerste openbare optrede sedert hy as ANC-president herverkies is.

Die president het inwoners met geskenke insluitend kruideniersware, rolstoele, komberse en grassnyers beloon. Een gesin het ‘n vierslaapkamerhuis en ‘n bed ontvang.

Christine Kuch, woordvoerder vir die nasionale dierebeskermingsvereniging (DBV), sê sy kan nie kommentaar lewer op die toespraak nie, aangesien sy Zuma nie hoor praat het nie. Sy het egter gesê talle Suid-Afrikaners is baie lief vir hul diere. “Ons kan nie lief wees vir diere as ons nie lief is vir kinders en bejaardes nie,” het sy gesê. “Om vir ‘n dier te sorg bevoordeel in meeste gevalle mense. As donkies goed versorg word, is hulle in ‘n beter toestand om water aan te dra of selfs ‘n kind skool toe te dra. As honde by die veearts ingeënt word, beskerm dit mense. Sorg vir ‘n dier en ‘n mens gaan hand aan hand.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Amanda Swanepoel ·

Ek se: Mense wat nie lief is vir diere nie is nie lief vir mense nie. Dit is so waar

Jessie Le Roux ·

Grassnyers as geskenke? Is dit nie ook deel van die Wit kultuur soos om met my hond te gaan stap nie?

Kosie Kramer ·

Ja nee – dis rerig gesond om as president vir almal te verkondig dat wit & swart nie hul kulture moet meng nie. Kulture moet apart gehou word. Krul en reguit hare – apart! Troeteldiere – nee wat – dis die wit mens se dinge daardie – hou hulle ook apart. Wit vel en swart vel – apart! Apart… Apart…Apartheid… Apartheid? WTF???

En wat as jy – as swart mens – nou wel op hierdie stadium ‘n troeteldiertjie besit? O gonnas. Die pres het gese^ dit betaam nie ‘n goeie Afrikaan nie. Sal dadelik moet ontslae raak van klein Bessie. Sal haar maar moet aflaai daar langs die hoofweg – dit sal my help om meer menslik te word. Ek sien ‘n verbaasde Bessie kleiner word in die agterruit en voel sommer hoe my waardigheid swel met 10 punte – so word ek nou ‘n opregte AFRIKAAN!

Voor jy vir my se^ ‘haai sies Kosie, jy ruk nou die hoender – ek wil nie eers daaraan dink nie’ – baklei eerder met die leier van jou land oor sy gemompel. En laai Bessie by my af want die swart mense by die SPCA is – volgens ons dierbare (pun intended) president – miskien nie “kultureel geskik” vir hul werk nie.

Geez – sulke ondeurdagte uitsprake laat my bloed kooooook.

Mathilda ·

Met alle respek JZ, wat het jy gerook? Of het jy ‘n dop in jou gat? Ek ken heelwat mense wat so onsamehangend praat as hulle gerook en gedrink is! Geez man, los die los en vas pratery en los sommer ook heelparty van jou vroue, jy isi lekker nie! As die mens nie die dier het nie, dan is jy onvervuld. Diere laat my verwonderd staan en die Skepping waardeer! Laat ons hoor JZ, het jy het kat of ‘n hond?

JMC ·

F*kkit, is julle al so gekondisioneer dat elke woord uit JZ se mond teengestaan moet word. Vir een keer praat hy die waarheid, want niemand kan ‘n dier met soveel oorgawe verniel soos die drie A’s nie. Afrikane, Asiërs en Arabiere.

ronel ·

Wonder of ons president gereed is om sy westerse huis, motors, klere en ander luukshede prys te gee….en nee…kan nie onthou dat hul voorvaders gras gesny het nie.

Anna-Marie ·

Ek glo baie van die swart mense gaan om aanval op hul manier, ek is trots wit suid-afrikaner as dit ek wat n hond koop en met hom stap doen ek dit met trots dankie ou zuma, nou vat asb al jou vrouens uit jou miljoene rande se kompound en gaan bly in die bos aangesien die swartes nie mag wit kultuure aan neem nie, mag jy ook nie in jou miljoene rande huis bly nie. wat geld vir die 1 geld vir die ander,,,

Danie Bothma ·

Ou Zoempie het seker dagga gerook, hy is ‘n regte meroon

Bea ·

Al dra ‘n aap ‘n goue ring, hy bly nogsteeds ‘n lelike ding!!

Sanne-Marie van den Berg ·

Stuur hom bosse toe hy het in die tyd nog niks geleer nie, koppel kleur aan iets wat niks met ras te make het nie….Miskien as Z siek word moet ons hom nie dokter of hospitaal toe neem nie, want hospitalisasie is dan as jy hom tussen die lyne lees deel van die “wit” kultuur – nou verstaan ek hoekom ons land se staatshopsitale ook die properly funksioneer nie. Of dalk moet ons teruggaan na die oertyd waar perde geskiet word as hulle ‘n been breek…..vir ‘n leier wat kastig ‘n “spiritual” leader is en ‘n “president” daarby het hy geen diepte of insig! Maar wat jy saai sal jy maai…

S Biehl ·

Zuma is reg met sy opmerking. Dit is belaglik dat die swart “upperclass” nou in alles die wit “upperclass” wil naboots, nou skielik whiskey drink, golf speel en prestige-honde aanhou. In die swart kultuur, soos enige iemand weet wat al iewers in die platteland van Afrika gereis het, lyk al die honde dieselfde, maer basterbrakke en met lang snoete en bene, hulle behoort aan niemand nie en leef van afval en is ‘n oorlas. Beslis geen goeie deel van “ubuntu” nie en niks om op trots te wees om diere so te laat verwaarloos nie.
Hy is dus reg dat die westerse manier van diere aanhou en versorg (en selfs pamperlang) on-Afrikanisties is, maar dit is beslis beter vir diere om in ‘n westerse as ‘n swart-Afrika opset te leef. En van die veelbesproke ubuntu sien ek ook nie juis iets onder die swart upperclass nie, of hulle nou honde aanhou of nie.

Mike ·

In SA I could never take my dog for a walk as there were too many dogs barking at us – back in UK everyone walks their dog because they can’t always go out in the garden in this weather. Caring has got to begin somewhere and sadly dogs die early so one learns a lot about caring from having a dog – life is too short if you care – to go round fighting with neighbours black or white. If one cares to. I don’t think there’s anything “white” about caring surely black people care too? Why bring that topic (race) into the topic of caring for dogs. They are separate subjects. And when I say “separate” I don’t mean they have to go live in the township. Always remember Old Mother Hubbard – one has to feed a dog and they don’t eat Nshema.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.