Trok met ‘ gevaarlike stowwe’ gekaap

ʼn Vragmotor wat gevaarlike materiaal vervoer is gekaap, het die polisie in Gauteng gesê.

Lt.kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie, sê die vragmotor is glo Vrydagmiddag in Halfway House in Midrand gekaap. Die vragmotor het die giftige chemikalie kalium sianied vervoer. Die chemikalie word by myne gebruik om goud te ontgin. “Kalium sianied is ‘n helder wit kleur, ruik soos amandel en is uiters giftig. Indien dit ingesluk, geruik of aangeraak word kan dit tot die dood lei.” Mogale sê die vragmotor was op pad na die Suid-Afrikaanse Munt. Sy sê die vragmotor se registrasienommer is BX 62 XP GP. “Krome Metal Chemicals” is op die kant van die vragmotor gegraveer.
Enigiemand wat moontlik die vragmotor gesien het of met sy vrag in kontak gekom het moet Lt.kol. Shibiri by 0798726965 kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.