Trok met plofstowwe slaan om; PTA-pad gesluit

‘n Vragmotor wat 20 ton plofstof, insluitend dinamiet, vervoer het, het Saterdag in Cullinanweg in Pretoria omgeslaan.

“Die ongeluk het net na 14:00 gebeur,” het Johan Pieterse, woordvoerder vir Tshwane nooddienste, gesê. “Die eienaar van die produkte en twee tegnici is op die toneel.”

Die produkte het nie ontplof nie.

Cullinanweg is van die Mamelodi-kruising gesluit totdat die toneel skoongemaak is. Motoriste word aangemoedig om van alternatiewe roetes gebruik te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.