Trok pen dogtertjie teen muur vas

ʼn Sewejarige meisie van Brits is beseer nadat sy Vrydag tussen die agterkant van ʼn swaarvoertuig en ʼn muur vasgepen was.

André Visser, ʼn woordvoerder van ER24, sê die meisie en ʼn groep kinders het agter die swaarvoertuig gespeel terwyl skape by ʼn saal afgelaai is.

Die vragmotor het agteruit beweeg en die meisie teen die muur vasgepen. “Toe paramedici op die toneel kom, was die meisie reeds bevry. ʼn Volwassene het na haar omgesien. Sy is op die toneel vir ʼn gebreekte been asook rug- en nekbeserings behandel. Sy is vir met ʼn helikopter na die Garden City-hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.