Trok ry 7-jarige seun dood

‘n 7-jarige seun is Donderdag dood nadat hy deur ʼn trok in Paarl, in die Wes-Kaap, voor sy skoolmaats doodgery is.

Volgens Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, wou die seun glo die R301-pad oorsteek, kort nadat sy skoolbus hom oorkant die Boschenmeer-landgoed afgelaai het.

“Die seun het saam met ʼn groep skoolmaats gestaan na die bus hulle afgelaai het. Hy wou die pad oorsteek. ʼn Vragmotor, wat ʼn vrag hout gehad het, het die seun getref. Met die paramedici se aankom was die seun reeds dood weens sy erge beserings. Niks kon vir hom gedoen word nie en hy is op die toneel dood verklaar. Die ander kinders is ongedeerd.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.