Trok tref man in erf

ʼn Man is ernstig beseer nadat ʼn konstruksievoertuig hom in sy erf in Durban raakgery het.

Jeffrey Wicks, ʼn woordvoerder van Netcare911, sê die voertuig moes ʼn vrag sand en stene by ʼn perseel in Terrenceweg, naby Parkmoreweg in Phoenix, aflewer.

“Dit wil voorkom of die voertuig se remme onklaar geraak het. Die voertuig het agteruit deur ʼn eiendom se heining gebars en die man getref terwyl hy in sy tuin doenig was,” sê Wicks.

Die man het ernstige beserings aan sy onderbene opgedoen. Hy is op die toneel gestabiliseer en per ambulans na die naaste hospitaal geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.