Trok tref skolier voor Germiston-skool

Argieffoto.

ʼn Sesjarige meisie is Woensdagoggend deur ʼn vragmotor voor haar skool in Germiston raakgery.

Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het omstreeks 07:00 in Hattingstraat in Elandsfontein plaasgevind toe die meisie glo die pad wou oorsteek om by die haar skool uit te kom.

“Die meisie is aan die kant van die pad aangetref toe paramedici op die toneel aangekom het. Haar linkerbeen is ernstig beseer. Sy is op die toneel gestabiliseer en met ʼn helikopter na die Sunninghill-hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Jackson gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.