Trokbestuurder sterf in JHB-botsing

ambulansʼn Vragmotorbestuurder is dood en twee ander mense is in ʼn ernstige toestand ná ‘n botsing Woensdagoggend tussen twee vragmotors en ʼn voertuig op die N3-snelweg in Bedfordview in Johannesburg plaasgevind het.

Insp. Kobeli Mokheseng, ʼn woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie, het gesê die ongeluk het omstreeks 03:10 plaasgevind. “ʼn Wit vragmotor het in die agterkant van ʼn wit-en-blou vragmotor, wat kookolie vanaf Pietermaritzburg vervoer het, ingeploeg. Die impak van die botsing het albei swaarvoertuie van die pad af gedruk, waarna ʼn Opel Corsa-bakkie ook in die botsing betrokke was,” het Mokheseng gesê.

Die bestuurder van die wit vragmotor is op slag dood. Die bestuurder van die ander vragmotor het slegs geringe beserings opgedoen, terwyl die twee insittendes van die bakkie in ʼn ernstige toestand na ‘n nabygeleë hospitaal geneem is.

Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Willy ·

Môre môre môre aan elkeen van my span en aan die Maroela span ook.
Sien uit na ‘n lekker kuier vandag. Haha dis my daaglikse ligpunt.

Goed terug by die berig.

Die vragmotorbotsings is meer as die taxi ongelukke deesdae lyk dit vir my. Van die goed wat onklaar raak op die snelwee neem dit vir my oor ‘n uur om dertig km te ry!

Waaksaam ·

dit was ‘n royal nightmare … ek’s 17 km van die werk af en dit het my 2 en ‘n half ure gevat om by die kantoor te kom ! kon regtig nerens omdraai nie … oral om was ‘n gemors !

vuurvreter ·

More JAVR. Jong die dag het goed begin. Janee ek vrees nou trokke meer as die wrak taxis. Hulle koop hulle lisensie so wat verwag mens van die klomp skelms.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.