Trokbestuurder sterf toe stompe op kajuit val

Argieffoto.

Argieffoto.

ʼn Vragmotorbestuurder is in KwaZulu-Natal dood toe die stompe, wat hy vervoer het, tydens ‘n ongeluk op die kajuit beland het.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het Dinsdag gesê die ongeluk het op die R34-pad naby Malmoth plaasgevind.

“Volgens berigte het die bestuurder beheer oor die vragmotor verloor, waarna dit van die pad af gery en teen ʼn steilte afgerol het,” het Botha gesê. “Die vrag stompe het bo-op die kajuit geland waar die bestuurder vasgekeer was. Die man het kritieke beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Nooddienswerkers moes vir ure spook om die man se liggaam onder al die stompe en uit die wrak te bevry.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.