Trokbestuurder val na sy dood

Die ongelukstoneel in Durban Foto: Netcare911

ʼn Man is dood toe sy vragmotor Donderdag in Durban sowat 30 meter ver van ʼn wal af geval het.

“Dit blyk dat die bestuurder van die vragmotor op die M13 naby Blair Atholweg beheer oor die voertuig verloor het,” het Chris Botha, woordvoerder vir Netcare911 gesê. Die bestuurder is op slag dood. Noodreddingswerkers het sowat drie ure lank gespook om sy liggaam uit die wrak te bevry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae