Trokdrywer geskiet

ʼn Vragmotorbestuurder is Dinsdagaand geskiet terwyl hy in sy voertuig op die N3-deurpad gery het.

Derrick Banks, ʼn woordvoerder van ER24, sê die bestuurder, in sy veertigs, was naby Cato Ridge, KwaZulu-Natal, onderweg na Johannesburg toe hy geskiet is.

“Die bestuurder het self sowat 10km na die Camperdown-polisiestasie gery om hulp te kry. Paramedici van Hillcrest het die bestuurder by die stasie behandel,” het Banks gesê.

Die bestuurder het ʼn skietwond in sy been gehad en het baie bloed verloor.Hy is in ʼn ernstige toestand na die Hillcrest-hospitaal geneem.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.