Trokdrywer gewond, passasier doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vragmotorbestuurder is Woensdag gewond en sy passasier is doodgeskiet tydens ʼn vermeende kaping in Johannesburg.

Kapt. Augistinah Selepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 05:00 in Wickusweg naby die George Goch-hostel plaasgevind.

Die 44-jarige vragmotorbestuur is geskiet en gewond. Sy 36-jarige passasier is doodgeskiet. Volgens Selepe is die besonderhede rakende die voorval nog onduidelik. “Daar word vermoed dat die motief roof of kaping was, aangesien ʼn motor gebruik is om die vragmotor se pad te versper voor die skietery.”

Die motor is vroeër in Jeppe gekaap en is na die skietery ʼn paar meter van die toneel af agtergelaat. ʼn Onbekende aantal rowers het na die hostel gehardloop. “Die polisie ondersoek ʼn saak van moord, poging tot moord en roof,” het Selepe gesê.

Enigiemand met inligting kan Crimestop skakel by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.