Trokdrywer skuldig vir ongeluk wat 19 eis

Die vragmotor onder die trein Foto: Leon Lestrade, IOL

Die Wes-Kaapse hooggeregshof het die skuld van ʼn noodlottige treinongeluk naby Faure in Kaapstad op ʼn vragmotorbestuurder, Gert Zeelie, geplaas wat glo die spoorlyn wou oorsteek, het die Cape Times Maandag berig.

Zeelie het op 13 November 2006 31 plaasarbeiders na die Faure-wynplaas vervoer toe sy vragmotor by die Croyden-kruising gestol en deur ʼn trein getref is. Negentien werkers is dood en 12 is beseer.

Twee van die oorlewendes, Primilda Jacobs (26) en Caroline Hendricks (47) het Metrorail en die Passasier-spooragentskap van Suid-Afrika gedagvaar om nalatigheid aan hul kant te probeer bewys.

Regter Thandazwa Ndita het egter die saak afgekeur en bevind dat Zeelie by die stopstraat moes stop en eers die spoorlyn oorgesteek het toe hy seker was dis veilig.
-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.