Tronk toe na hy meisie buite skool wil gryp

Mohammed Adams. Foto: Werner Beukes/SAPA

Mohammed Adams is Woensdag vyf jaar tronkstraf opgelê in die Roodepoort-landdroshof nadat hy in 2011 ʼn leerling buite Hoërskool Die Burger in Johannesburg probeer ontvoer het.

Phindi Louw, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê landdros Delize Smith het die effek wat die misdaad op die slagoffer gehad het in ag geneem tydens vonnisoplegging. Adams het op 18 Oktober 2011 die 18-jarige Amanda Schmidt buite die Hoërskool Die Burger met ’n skroewedraaier gedreig en in sy voertuig probeer dwing. ʼn Veiligheidswag by die skool het gesien wat gebeur het en Adams het gevlug. Die voorval het gevolg kort nadat ʼn leerling van dieselfde skool, die 16-jarige Louise de Waal, ontvoer en vermoor is. Adams is skuldig bevind aan poging tot menseroof. Schmidt het glo na die voorval die skool verlaat aangesien sy nie kon eksamen skryf weens die emosionele trauma nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

piet ·

DIT IS JAMMER HY HET NIE LEWENS LANK GEKRY NIE. SY SOORT GAAN DIT WEER DOEN SODRA HY VRY GELAAT IS. DIT IS AL OOR EN OOR BEWYS.. KASTREER EN VERWYDER HOM EN DIESULKES UIT DIE SAMELEWEING.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.