‘n Man wat ‘n kennis in die tronk van die Nederlandse dorp Zutphen gaan besoek het, moes onverwags die besoek na 72 dae verleng.
Die man het hom in ‘n roetine-deursoeking vasgeloop, en dwelms is in sy besit gevind.
Terwyl hy weens dié vonds geprosesseer is, is vasgestel dat hy ‘n uitstaande boete van etlike duisende Euro’s het, en toe dit blyk dat hy dit nie kon opdok nie, het sy alternatiewe vonnis van 72 dae tronkstraf in werking getree.
– Trouw