Tronkbesoeker se “besoek” duur 72 dae

‘n Man wat ‘n  kennis in die tronk van die Nederlandse dorp Zutphen gaan besoek het, moes onverwags die besoek na 72 dae verleng.

Die man het hom in ‘n roetine-deursoeking vasgeloop, en dwelms is in sy besit gevind.

Terwyl hy weens dié vonds geprosesseer is, is vasgestel dat hy ‘n uitstaande boete van etlike duisende Euro’s het, en toe dit blyk dat hy dit nie kon opdok nie, het sy alternatiewe vonnis van 72 dae tronkstraf in werking getree.

– Trouw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.