Tronkbewaarder deur gevangene aangeval

George Diedericks, ʼn bewaarder by Sevontein-gevangenis net buite Pietermaritzburg, is Sondag vyf keer deur een van die gevangenes met ʼn skerp voorwerp gesteek.

Diedericks is Sondagoggend omstreeks 07:00 met ʼn stuk been, wat skerp gemaak is, gesteek toe beamptes ontbyt bedien het, het Nokuthula Zikhali, woordvoerder van korrektiewe dienste in KwaZulu-Natal, gesê.

Diedericks is vir wonde aan sy rug en oor behandel. Die polisievakbond Popcru beweer daar is ʼn sekuriteitsrisiko weens ʼn tekort aan bewaarders. Kwenza Nxele, provinsiale sekretaris van Popcru, blameer die lae personeel tot gevangenis ratio vir die voorval en sê dat die situasie deur die nuwe skofstelsel vererger is. “Lede kla dat hulle blootgestel en in ʼn kwesbare situasie gelaat is. Die verdeling van werknemers weens die nuwe skofstelsel veroorsaak nou dat slegs die helfte van personeel op ʼn gegewe tyd aan diens is,” het Nxele gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.