Tronkbewaarder skiet verloofde, self

tronkdeur

Argieffoto

ʼn Tronkbewaarder van Johannesburg het Donderdag eers sy verloofde geskiet voordat hy homself buite ʼn supermark in Denver, Johannesburg, doodgeskiet het.

“Die bewaarder, in sy volle uniform, het by ʼn supermark in Mimetesweg opgedaag en hy was glo op soek na sy 23-jarige verloofde,” het lt.kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie in Gauteng, gesê. Die twee is na buite om te gesels.

“Minute later is geweerskote gehoor. Die bewaarder het glo skote op sy verloofde gevuur voordat hy homself geskiet het.”

Die bewaarder was aan diens en het vroeër die dag gevangenes na die hof in Jeppestraat vervoer. Hy het sy motor by die hof gelaat.

Die verloofde is net gewond. Haar toestand is nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.