Tronkbewaarders kry slim ID-kaarte

‘n Destydse foto toe president Jacob Zuma sy slim ID gekry het. Foto: Siyabulela Duda/GCIS

Personeel wat by die departement van korrektiewe dienste se hoofkantoor in Pretoria werk, het Woensdag slim ID-kaarte van minister Sibusiso Ndebele ontvang.

“Suid-Afrika breek weg van identiteitsdokumente wat maklik vervals kan word en waarmee identiteitsdiefstal gepleeg kon word. Die departement van korrektiewe dienste het die eerste belangrike stappe gedoen om seker te maak sy personeel kry die nuwe ID-kaarte, waarmee daar nie identiteitsbedrog gepleeg kan word nie,” het Ndebele gesê.

Die departement het ʼn nuwe beleid oor die gebruik van die ID-kaarte in werking gestel wat sal verseker dat sekuriteitsoortredings, veral in die tronke, beperk gaan word.

Ndebele het gesê ʼn korrupte beampte is verlede Woensdag tot vyf jaar tronkstraf gevonnis vir bedrog ter waarde van R1.8 miljoen. “ʼn Tronkbewaarder is verlede Sondag by die Baviaanspoort-gevangenis in hegtenis geneem nadat hy glo probeer het om dagga in te smokkel.”

Hy het tronkbewaarders aangemoedig om voort te gaan met die stryd teen dwelms, bendes en die mishandeling van vroue, kinders en bejaardes.

“Mag die nuwe kaarte ook ons eed simboliseer om misdaad te beveg asook ons pogings hernieu om oortreders te rehabiliteer en hulle suksesvol in die samelewing te herintegreer.”

Meer as 41 000 beamptes regoor die land gaan binnekort hul kaarte in fases ontvang.

SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Stoere Boer ·

En hulle dink nou met SLIM ID kaarte gaan dit hulle help om hulle IK ook te verbeter of om slimmer te werk te gaan om geld te steel.

Jasper ·

Ons ID Boekies gaan ook nog met slim karate vervang word om die bevolking se gemiddelde IK op te stoot.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.