Tronkgeweld: 2 dood, 65 beseer

Argieffoto

Twee gevangenes is dood en 65 beseer nadat ‘n bakleiery Vrydag by St Albans-gevangenis in Port Elizabeth uitgebreek het.

“Twee verhoorafwagtendes is dood en ons het 17 persone na ‘n hospitaal geneem vir observasie,” het Nkosinati Breakfast, streekskommissaris, gesê. 65 gevangenes is in totaal beseer.

Die geveg het laat Vrydagmiddag gelyktydig in ses selle, elk met sowat 38 gevangenes, uitgebreek. Die gevangenis huisves 2 083 verhoorafwagtendes in die Oos-Kaap. “Ons het nog nie vasgestel wat die bakleiery veroorsaak het nie, maar ons weet dat die mense wat dit inisieer het, deel is van die 28-bende,” het Breakfast aan AFP gesê. Die 28-bende is een van Suid-Afrika se mees berugte tronkbendes.

Slotte, skerp voorwerpe en besemstokke is in die bakleiery gebruik.

Die bakleiery kan nie aan ‘n konfrontasie tussen twee mededingende bendes toegeskryf word nie, aangesien “almal” in die selle, waar die bakleiery uitgebreek het, geraak is. “Hulle het lukraak almal in die sel geslaan, of jy ‘n bendelid of nie ‘n bendelid of lid van ‘n ander bende was of nie. Ander mense het slegs hulself verdedig,” het Breakfast bygevoeg.

Intussen is ‘n gevangene dood nadat tronkbewaarders by ‘n tronk in die Vrystaat hom aangerand het in reaksie op oproerigheid wat verlede week by dié gevangenis uitgebreek en ‘n tronkbewaarder aangeval is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.