Ses Italiaanse wetenskaplikes en een regeringsbeampte is Maandag skuldig bevind aan manslag nadat hulle nie ‘n aardbewing, waarin 309 mense in 2009 omgekom het, voorspel het nie.
Hulle is elk tot ses tronkstraf gevonnis. Regter Marco Bili het sy uitspraak binne vier ure gelewer. Dit is nog nie bekend of hulle appèl gaan aanteken nie.
Die L’Aquila-aardbewing, wat 6.3 op die Richterskaal gemeet het, het op 6 April 2009 in Abruzzo, sentraal Italië plaasgevind. 309 mense is dood.