Tropiese sikloon tref Madagaskar

Tropiese sikloon Haruna

Tien mense is dood en sowat 3 000 mense word deur tropiese sikloon Haruna en swaar reën in Madagaskar geraak.

Die sikloon het die eiland in die Indiese Oseaan Vrydagoggend in die suidwestelike streek getref en het eers sowat 24 uur later begin opklaar. Ses mense is dood en 17 beseer. Vier ander mense het die afgelope week weens swaar reën gesterf. Wind van tot 200km/h het deur die eiland geruk. “Die sikloon het sowat 70% van die suidwestelike stad van Morombe vernietig,” het Raymond Randriatahina, hoof van die nasionale buro van rampbestuur, aan AFP gesê.

Die kategorie 2-sikloon is Saterdag omstreeks 02:30 na ‘n tropiese storm afgeskaal. “Ons verwag nog swaar reën in suidelike Madagaskar oor die volgende twee dae,” het Ndinizara Newsman de Priscofe, ‘n meteoroloog, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.