Trouklokkies lui vir Afrikaanse sanger

Andriette Norman en Glynn Moolman. Foto: Facebook

Andriette Norman, die sangeres wat sterstatus in die talentsangkompetisie Idols behaal het, het Woensdag verloof geraak aan Glynn Moolman.

Andriette het kort voor Februarie, wat as die maand van liefde bekend staan, op Facebook ʼn foto van die verloofring geplaas met die woorde “Raai wat…”

“Glynn is die wonderlikste man op aarde. Dankie vir al jou liefde, engel. Dat jy my elke dag soos ‘n stukkie goud behandel en net die mens is wat jy is. I love you,” het sy Maandag op Facebook geskryf.

Alice Gerber, Andriette se agent, het Donderdag aan Maroela Media gesê hulle mag nie die aap uit die mou laat oor hoe presies Glynn die ja-woord gevra het nie, aangesien hulle reeds met ʼn tydskrif onderhandel het. “Wat ons wel mag sê, is dat sy baie gelukkig en in die wolke is,” het Gerber gesê.

Die verloofring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.